Bygewerk op 22 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

captcha akr. [Engelse verkorting van: completely automated public Turing test to tell computers and humans apart] Ook [met hoofletters] CAPTCHA, (dikwels gebruikte, maar nie-erkende skryfwyse) Captcha toets om vas te stel of ’n webbladbesoeker ’n mens of ’n masjien is, soos ’n versoek om ’n reeks moeilik leesbare karakters oor te tik of voorwerpe in ’n aantal prente te herken: die Captcha, daardie irriterende prentjies wat op die internet gebruik word om seker te maak jy is wel van vlees en bloed en nie sommer net ’n outomaat wat maak of hy ’n mens is nie. Hulle benut onder meer die manier waarop die menslike brein visuele inhoud soos dié op ’n foto interpreteer [...] En dit is nogal belangrik vir die funksionering van die internet. Sonder Captchas sou dit byvoorbeeld maklik gewees het om outomate te gebruik om miljuisende webgebaseerde e-posadresse te skep waarmee vals identiteite geskep sou kon word (Willem Kempen, Netwerk24, 9 Augustus 2014). Van die besonderhede wat gebruikers moes invul, sluit in hul naam, van, ID-nommer en selfoonnommer. Daar is ook vereis dat gebruikers ’n sogenaamde reCaptcha moes invul voordat hul navraag versend kon word. ’n reCaptcha is ’n Captcha-funksie op talle webwerwe wat help keer dat vorms outomaties deur ’n rekenaar voltooi word. Dit is ’n manier om met redelike sekerheid te bepaal dat dit ’n mens is wat die vorm invul (Petrus Malherbe, Netwerk24, 20 April 2018).

 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther