Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
blokkiespens s.nw. | blokkiespense |
1 (anatomie, kookkuns) tweede pens van herkouende diere, wat as deel van afval gekook en waarin harsings dikwels gaargemaak word: › Skep die harsings met ’n lepel uit die skaapkop en hou dit eenkant. Haal die blokkiespens (ook bekend as die ruitjiespens of kleinpensie) uit die afval en vou die harsings daarin toe (Sonja Jordt, Tuis, 9 Augustus 2020). › Sit die harsings binne-in die blokkiespens en bind stewig vas met kombuistou [...] Sit die harsings binne-in die blokkiespens in die harsingsholte van die kopbeen sodat dit nie breek en wegkook nie (Anél Potgieter, Rapport, 12 Julie 2021).
◌ ENGELS: reticulum | honeycomb stomach
2 (anatomie, informeel) gespierde maag wat deur strawwe oefening verkry word en waarvan die bult van die buikspiere (rectus abdominis-spiere) soms met ’n sespak bier vergelyk word: › Bobby-met-die-blokkiepens (Madeleine Barnard, Vrye Weekblad, 7 Julie 2021).
◌ SINONIEM(E): blokkiesmaag
◌ ENGELS: six pack
bionies
biostimulant
bismillah
bitcoin
bitcoinland
bivvie
blaai
blaas
bladikoon
blaf
blakerteks
bleke
blink-in-die-skuld
blinkjan
blinkstefaans
blits
blitser
blitsklits
BLM
bloemlesingreeks
blok
blokketting
blokkiesmaag
blokkiespens
blom 1
blom 2
blomkoolrys
bloostoets
blou
bloudruppel=
bloudruppeltelling
bloudruppelverslag
bloue
bloujare
bloulampie
blouligkonvooi
bloupoets
blouwillebessiebliksem
blushelikopter
blyer
bly-of-gly-debat
BNG
bocce
boccia
bocconcini
boeja
boeka