Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
bivvie s.nw. | bivvies | (informeel) ligte, draagbare skuiling, soos wat deur kampeerders, stappers en bergklimmers vir tydelike beskerming en rus in die buitelug gebruik word: › Jy’t ’n motor nodig ... wel, miskien, want jy kan ook na ’n kampeerplek toe stap. Dan het jy ’n soort beskutting nodig om onder te slaap, soos ’n tent of bivvie (Ali van Wyk, Vrye Weekblad, 5 Julie 2024). › Grou jou bivvie, daardie veeldoelige eenmanseiltjie, uit jou rugsak en span dit tussen die bosse. Kruip onder jou bivvie in jou slaapsak om te probeer droog bly (Deon Lamprecht, Huisgenoot, 10 Julie 2020). › Bivvies wissel van eenvoudige, waterdigte (slaap)sakke tot tente vir een of twee mense.
◌ SINONIEM(E): bivak
◌ ENGELS: bivouac shelter | bivy | bivi | bivvi
biesie
bietjielyf
Big Mac-indeks
Binance
bindi
binneblykonsert
binnekos
binominaal
bioborrel
biofiel
biofilie
biokraker
biokrakery
biokremasie
biomedies
biometrie
biometries
biometrika
bionies
biostimulant
bismillah
bitcoin
bitcoinland
bivvie
blaai
blaas
bladikoon
blaf
blakerteks
bleke
blink-in-die-skuld
blinkjan
blinkstefaans
blits
blitser
blitsklits
BLM
bloemlesingreeks
blok
blokketting
blokkiesmaag
blokkiespens
blom 1
blom 2
blomkoolrys
bloostoets
blou