Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
biokraker s.nw. | biokrakers | iemand wat biologie en tegnologie inspan en daarmee eksperimenteer om die omgewing of menslike liggaam te (probeer) verbeter: › ’n Hele bedryf het ontstaan van mense wat hulself biokrakers noem [...] Die hacking wat hier ter sprake is, verwys na pogings om tegnologie op die een of ander manier binne-in die menslike liggaam te laai, maar ja – as ’n skyfie onder jou vel met jou bankbesonderhede eendag jou kredietkaart vervang, sal jy ook voorsorg moet tref dat jou lyf nie deur iemand gekraak word nie. Dit kan identiteitdiefstal tot nuwe hoogtes voer (Netwerk24, 25 Jun. 2016).
◌ ENGELS: biohacker
bevelpor
beweeg
bewerasieroete
bewussynsedasie
bewustelikheid
bewustheid
bf
bhang
biblioterapie
biedêm
bieker
bienenstich
biesie
bietjielyf
Big Mac-indeks
Binance
bindi
binneblykonsert
binnekos
binominaal
bioborrel
biofiel
biofilie
biokraker
biokrakery
biokremasie
biomedies
biometrie
biometries
biometrika
bionies
biostimulant
bismillah
bitcoin
bitcoinland
bivvie
blaai
blaas
bladikoon
blaf
blakerteks
bleke
blink-in-die-skuld
blinkjan
blinkstefaans
blits
blitser