Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
biometries b.nw. | biometriese | wat afmetings en unieke kenmerke van mense se oë, gelaatstrekke en/of vingerafdrukke gebruik, byvoorbeeld om individue te kan identifiseer: › In die kategorie “onaanvaarbare risiko” word sekere soorte KI-gegronde stelsels verbied omdat dit fundamentele menseregte kan aantas. ’n Voorbeeld daarvan is die ongereguleerde gebruik van biometriese identifikasiestelsels. ’n Voorbeeld van so ’n stelsel is wanneer foto’s in openbare plekke geneem word deur allerhande onbemande kameras sonder die wete van die betrokke mense en waar die foto’s dan – in reële tyd of daarna – deur ’n KI-stelsel ondersoek word om spesifieke individue te probeer identifiseer (prof. Basie von Solms, Netwerk24, 27 Mei 2021). › Danksy hul gesamentlike ervaring is ’n onderling werkende standaard bekendgestel wat vingerafdrukke deur ’n biometriese leser aanvaar (Annami Mailovich, Huisgenoot, 27 Julie 2016). › Google het patente ingedien vir tegnologie wat ook biometriese data van jou stem en oë as identifikasie kan benut pleks van ’n wagwoord (Netwerk24, 29 Desember 2014).
◌ ENGELS: biometric
bewustheid
bf
bhang
biblioterapie
biedêm
bieker
bienenstich
biesie
bietjielyf
Big Mac-indeks
Binance
bindi
binneblykonsert
binnekos
binominaal
bioborrel
biofiel
biofilie
biokraker
biokrakery
biokremasie
biomedies
biometrie
biometries
biometrika
bionies
biostimulant
bismillah
bitcoin
bitcoinland
bivvie
blaai
blaas
bladikoon
blaf
blakerteks
bleke
blink-in-die-skuld
blinkjan
blinkstefaans
blits
blitser
blitsklits
BLM
bloemlesingreeks
blok
blokketting