Bygewerk op 22 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

byebed s.nw. | byebeddens | (alternatiewe geneeskunde) bed in die vorm van ’n dun matras, geplaas op ’n byekorf of ry byekorwe: Die “byebed” se basis dien as ’n “plafon” vir die bye. Elke bed is bo-op vier korwe gebou, met ventilasiegate waardeur die klank en reuk vanaf die korwe kom. Genesing, glo die byeterapie-voorstanders, word aangehelp deur die mikrovibrasies wat van binne die byekorf kom. Die bye, wat hul vlerke bo die korf­selle waai om die vog uit die nektar te laat verdamp, veroorsaak die trillings. Dit voel amper soos ’n ligte vibro-massering (Maricelle Botha, Netwerk24, 19 Junie 2021). | ENGELS: bee bed
KYK OOK: byeterapie


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther