Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
blakerteks s.nw. | blakertekste | promosieteks by die verskyning van ’n boek: › Oppas vir blakertekste. Ek het die boek deur my gunsteling-boekwinkel bestel en [...] kon maar net hoop dit stel nie teleur nie. Nou, twee weke later, kan ek glad nie onthou waaroor dit gegaan het nie en moes weer na die agterplatteks gaan kyk (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 6 November 2020).
◌ ENGELS: blurb
binneblykonsert
binnekos
binominaal
bioborrel
biofiel
biofilie
biokraker
biokrakery
biokremasie
biomedies
biometrie
biometries
biometrika
bionies
biostimulant
bismillah
bitcoin
bitcoinland
bivvie
blaai
blaas
bladikoon
blaf
blakerteks
bleke
blink-in-die-skuld
blinkjan
blinkstefaans
blits
blitser
blitsklits
BLM
bloemlesingreeks
blok
blokketting
blokkiesmaag
blokkiespens
blom 1
blom 2
blomkoolrys
bloostoets
blou
bloudruppel=
bloudruppeltelling
bloudruppelverslag
bloue
bloujare