Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
blokketting s.nw. | blokkettings | verdeelde openbare register/verslag van alle kriptotransaksies wat deur houers van kriptogeldeenhede in stand gehou en voortdurend bygewerk word: › Elk van die rekenaars in die netwerk het ’n volledige kopie van die hele blokketting waarin ál die blokke data die een ná die ander chronologies georden is. Indien iemand die blokketting sou wou manipuleer, moet die persoon dit gelyktydig op meer as 50% van ál die rekenaars in die netwerk doen (Jan C. Greyling, Landbou.com, 12 Maart 2021). › Elke blokketting maak gebruik van sogenaamde myners wat die transaksies daarop verifieer. Hetsy geld of inligting uitgeruil word, moet dit eers deur hierdie myners bevestig word voordat dit by die blokketting gevoeg word (Petrus Malherbe en Elvira Wood, Netwerk24, 12 Julie 2018). › Met die blokketting word dié transaksielêers nie privaat bygehou nie, maar in die openbaar (Finweek, 1 Maart 2018). ◌ SINONIEM(E): kluisketting ◌ ENGELS: blockchain
KYK OOK: kluisketting, kriptogeldeenheid, kriptomyner
samestelling(s):
blokkettingnetwerk: › Só is elke transaksie wat ooit plaasgevind het in die openbare domein vir enigeen om te gaan bekyk op bedieners (of nodusse) wat voortdurend in die wêreldwye blokkettingnetwerk toeneem in getal. (Finweek, 1 Maart 2018).
blokkettingontwikkelaar
blokkettingtegnologie: › Alle kriptogeld gebruik … blokkettingtegnologie. Gestel jy stuur vir jou vriend bitcoin deur die bitcoin-netwerk. Daar is ’n gedesentraliseerde netwerk van rekenaars (reg oor die wêreld) wat dan “saamwerk” om die transaksie geldig te verklaar. En om eienaarskap te bewys. Alle transaksies word in “blokke” gepak om ’n ketting te vorm. Dit kan nie vernietig of verander word nie. Hierdie blokketting is basies soos ’n digitale lêer of rekord van daardie transaksies (Sarie, April 2018).
biometries
biometrika
bionies
biostimulant
bismillah
bitcoin
bitcoinland
bivvie
blaai
blaas
bladikoon
blaf
blakerteks
bleke
blink-in-die-skuld
blinkjan
blinkstefaans
blits
blitser
blitsklits
BLM
bloemlesingreeks
blok
blokketting
blokkiesmaag
blokkiespens
blom 1
blom 2
blomkoolrys
bloostoets
blou
bloudruppel=
bloudruppeltelling
bloudruppelverslag
bloue
bloujare
bloulampie
blouligkonvooi
bloupoets
blouwillebessiebliksem
blushelikopter
blyer
bly-of-gly-debat
BNG
bocconcini
boeja
boeka