Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
bloue s.nw. | bloues |
1 (informeel) polisieman: › Bloues sê hul reëls is bra grys (Son, 5 September 2020). › Covid-19 raak bloues steeds. Lede van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe in Kuilsrivier sal vir eers van die huis af moet werk (Son, 13 Julie 2020). › Bloues soek hulp om lyk uit te ken (Son, 13 Maart 2020).
2 (informeel) pornografiese film/tydskrif: › Ek sou ook kon vertel van die ou wat laataand by Buks insluip, onvas op die voete, en effens te hard vir Buks vra: “Het jy nie vir ’n man ’n bloue nie?” ’n Blou moewie – iets meer pornografies. Sulkes het party videowinkeleienaars agter die toonbank gehou (Dana Snyman, Netwerk24, 5 September 2020).
blaf
blakerteks
bleke
blink-in-die-skuld
blinkjan
blinkstefaans
blits
blitser
blitsklits
BLM
bloemlesingreeks
blok
blokketting
blokkiesmaag
blokkiespens
blom 1
blom 2
blomkoolrys
bloostoets
blou
bloudruppel=
bloudruppeltelling
bloudruppelverslag
bloue
bloujare
bloulampie
blouligkonvooi
bloupoets
blouwillebessiebliksem
blushelikopter
blyer
bly-of-gly-debat
BNG
bocconcini
boeja
boeka
boekdorp
boekmerk-ikoon
boektok
boektokker
boem
boemerangkind
boep
boeptaal
boereadel
Boeretos
Boere-Toskaans