Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
boccia [uitspraak: “bot-sje”, “bot-sja”] s.nw. [geen meervoud] (Italiaans) Paralimpiese sportsoort, spesifiek ontwikkel vir deelnemers met serebrale gestremdhede en ander fisiese beperkings, waarby die spelers, op ’n gladde, binnenshuise veld, met hulle hande, voete of ’n hulpapparaat sagte balle van leer rol of gooi met die doel om die bal so na as moontlik aan ’n teikenbal (die “jack”) tot stilstand te laat kom: › Om op sport en akademie te fokus was veeleisend, veral omdat die boccia heelwat van my tyd in beslag geneem het. Maar om vir die toernooi te oefen het my roetine regtig tot op die volgende vlak gelig (Malwandla Baloyi, vertaal, Huisgenoot, 31 Januarie 2025). › “Boccia is soos rolbal vir persone wat fisies gestremd is,” sê Reinet Barnard, boccia-afrigter en fisioterapeut. Die atlete speel almal in rolstoele en het ’n toestel wat hulle help om die bal te gooi [...] Hulle speel met gekleurde balle en moet probeer om die balle die naaste aan die wit bal te kry. Indien ’n atleet hul bal nader aan die wit bal kry as sy teenstander, kry hy of sy ’n punt (Liza-May Pieters, Netwerk24, 8 Junie 2024). › Boccia vereis taktiek en akkuraatheid.
◌ ENGELS: boccia
oorsprong:
Italiaans boccia, bal, uit Volkslatyn *bottia, baas.
samestelling(s):
boccia-afrigter
boccia-byeenkoms
boccia-toernooi: › Tussen alles deur was daar ook haar deelname aan die nasionale boccia-toernooi, ’n sport vir atlete met motoriese gestremdhede waarin spelers balle na ’n teikenbal gooi of rol (Nokuthula Zwane-Ejike, Huisgenoot, 31 Januarie 2025).
KYK OOK: bocce
blok
blokketting
blokkiesmaag
blokkiespens
blom 1
blom 2
blomkoolrys
bloostoets
blou
bloudruppel=
bloudruppeltelling
bloudruppelverslag
bloue
bloujare
bloulampie
blouligkonvooi
bloupoets
blouwillebessiebliksem
blushelikopter
blyer
bly-of-gly-debat
BNG
bocce
boccia
bocconcini
boeja
boeka
boekdorp
boekmerk-ikoon
boektok
boektokker
boem
boemerangkind
boep
boeptaal
boereadel
Boeretos
Boere-Toskaans
Boereworsgordyn
boerka
boerkini
boesemsonde
boetiek
boewekrasie
bogberig
bok 1
bok 2