Bygewerk op 22 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

CPAP afk. [Engelse verkorting van: continuous positive airway pressure] volgehoue positiewe lugwegdruk; ’n vorm van asemhalingsondersteuning by mense met longprobleme.
CPAP-masjien toestel wat oor die neus en mond geplaas word om die vloei van lug na die longe te reguleer: Die Solidariteitsfonds het R250 miljoen bewillig vir die vervaardiging van 20 000 asemhalingstoestelle. Dis nie ventilators nie, maar wel sogenaamde CPAP-masjiene (Continuous Positive Airway Pressure) wat lug in ’n pasiënt se lugweg instoot (Elsabé Brits, Vrye Weekblad, 22 Januarie 2021). Ná die diagnose het die dokter Katrina aangeraai om voortaan met ’n volgehouepositiewelugwegdruk-masjien (CPAP-masjien) te slaap (Huisgenoot, 15 Augustus 2019). ’n CPAP-masjien is die beste manier om slaapapnee teë te werk (Rapport, 11 Maart 2018).


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther