Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
Boere-Toskaans s.nw. [soms verkort tot Boeretos] (skertsend, soms neerhalend) boustyl in Suid-Afrika wat ’n Toskaanse invloed vertoon: › Die bewyse is daar vir elke besoeker aan Frankryk om te sien – al die huise in Provence lyk soos die huise in ons jonger woonbuurte. Bont dakteëls van klei en ’n boustyl wat plaaslik as “Boeretos”, oftewel Boere-Toskaans, bekend staan (Die Burger, 1 Mei 2004). › Ek wonder of die publiek besef wat Boere-Toskaans aan ons landskap en ons tuine doen? [...] Volgens huiseienaars en die algemene mening bestaan ’n Toskaanse tuin uit die volgende basiese elemente: die ronde fontein of “water feature” met ’n Romeinse beeld wat water spuit; die oorgewilde “lolliepop”-boompies; laventelbos en boks-heininkies. Dié tipe landskap laat veel te wense oor; buiten dat dit geen ruimte vir kreatiwiteit laat nie lyk dit oral dieselfde en is dit in baie gevalle nie vir die klimaat geskik nie (Beeld, 26 Januarie 2005). › Boere-Toskaans nes Indiese spreeus [...] As ’n getoë Pretorianer voel ek daar is min verskil tussen indringer-myna-spreeus en pseudo-Toskaanse monstruositeite [...] Dit word al hoe duideliker dat ons ’n gemeenskap is wat net kan na-aap en dink as dit bo blink, niemand verder kan sien of ruik nie (Renée Rautenbach, Beeld, 25 November 2004).
bloulampie
blouligkonvooi
bloupoets
blouwillebessiebliksem
blushelikopter
blyer
bly-of-gly-debat
BNG
bocce
boccia
bocconcini
boeja
boeka
boekdorp
boekmerk-ikoon
boektok
boektokker
boem
boemerangkind
boep
boeptaal
boereadel
Boeretos
Boere-Toskaans
Boereworsgordyn
boerka
boerkini
boesemsonde
boetiek
boewekrasie
bogberig
bok 1
bok 2
bokashi
bokasji
boks
boks-
boksemdais
boksendais
bolla 1
bolla 2
bollaharkie
bomsiklogenese
bomsikloon
Bonnie-en-Clyde-sindroom
bonobo
boodskapper-RNS