Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
bomsikloon s.nw. | bomsiklone | (meteorologie, informeel) sterk sikloon wat ontwikkel wanneer druk in die atmosfeer skerp daal, en wat verwoesting saai of sneeu so hewig laat uitsak dat dit met (die val van) ’n bom vergelyk word: › Yanks staal hulself vir hewige sneeustorms, “bomsikloon” (Netwerk24, 29 Januarie 2022). ◌ SINONIEM(E): meteorologiese bom | weerbom ◌ ENGELS: bomb cyclone | meteorological bomb | weather bomb
KYK OOK: bomsiklogenese
boeptaal
boereadel
Boeretos
Boere-Toskaans
Boereworsgordyn
boerka
boerkini
boesemsonde
boetiek
boewekrasie
bogberig
bok 1
bok 2
bokashi
bokasji
boks
boks-
boksemdais
boksendais
bolla 1
bolla 2
bollaharkie
bomsiklogenese
bomsikloon
Bonnie-en-Clyde-sindroom
bonobo
boodskapper-RNS
boogskiet
boom
boomchirurg
boomomhelser
boomversorger
boorling
bootskaats
borrel
borsbreker
bos
bosgasiefrustrasie
boskasiedag
boskasiefrustrasie
boslanster
Bosniak
Bosniër
bosvleis
boswa
bot
bottelkoors