Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
Boereworsgordyn s.nw. [ook met kleinletter(s), gewoonlik enkelvoud] (skertsend, soms neerhalend)
1 (in die Wes-Kaap) (a) die grens tussen die noordelike (Afrikaanse) en suidelike (Engelse) voorstede van Kaapstad. (b) die grens tussen die middestad/stadskom en noordelike voorstede van Kaapstad.
2 (in Gauteng) die grens tussen Johannesburg en Pretoria.
UITDRUKKING(S):
♦ agter/anderkant die Boereworsgordyn in ’n gebied/voorstad waar hoofsaaklik Afrikaans gepraat word: › Links voor in dié siersteenkerk diep agter die Boereworsgordyn sit ’n groepie Voortrekkers en heel voor ’n ry gaste van die Durbanville-kinderhuis (Willemien Brümmer, Netwerk24, 1 Maart 2019). › Ek skuil ook agter die Boereworsgordyn van Durbanville en ry ook Dinsdae en Donderdae met my motor agter die ossewamuur uit na Fisantekraal om die huiswerker huis toe te neem (Wynand Breytenbach, Universiteit van Stellenbosch, Netwerk24, 31 Julie 2018). ◌ ENGELS: Boerewors Curtain
bloujare
bloulampie
blouligkonvooi
bloupoets
blouwillebessiebliksem
blushelikopter
blyer
bly-of-gly-debat
BNG
bocconcini
boeja
boeka
boekdorp
boekmerk-ikoon
boektok
boektokker
boem
boemerangkind
boep
boeptaal
boereadel
Boeretos
Boere-Toskaans
Boereworsgordyn
boerka
boerkini
boesemsonde
boetiek
boewekrasie
bogberig
bok 1
bok 2
bokashi
bokasji
boks
boks-
boksemdais
boksendais
bolla 1
bolla 2
bollaharkie
bomsiklogenese
bomsikloon
Bonnie-en-Clyde-sindroom
bonobo
boodskapper-RNS
boogskiet