Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
BNG s.nw. [afkorting van Bruto Nasionale Geluk] maatstaf waarvolgens die gesamentlike geluk en welsyn van die mense van ’n land beoordeel word: › Suid-Afrika se bruto nasionale geluk (BNG) het die afgelope week tot ’n laagtepunt van 6,44 indekspunte gesink, en dis beurtkrag se skuld (Netwerk24, 21 September 2022).
◌ ENGELS: Gross National Happiness | GNH | Gross Domestic Happiness | GDH
samestelling(s):
BNG-indeks: › Emosies soos woede, afgryse en vrees het in die week van 10 September tot 18 September skerp bo die gemiddelde vlakke gestyg toe beurtkrag teen fase 6 aangekondig is, wys Greyling en Rossouw se BNG-indeks (Netwerk24, 21 September 2022).
KYK OOK: welstandsekonomie, welstandsekonoom
BLM
bloemlesingreeks
blok
blokketting
blokkiesmaag
blokkiespens
blom 1
blom 2
blomkoolrys
bloostoets
blou
bloudruppel=
bloudruppeltelling
bloudruppelverslag
bloue
bloujare
bloulampie
blouligkonvooi
bloupoets
blouwillebessiebliksem
blushelikopter
blyer
bly-of-gly-debat
BNG
bocce
boccia
bocconcini
boeja
boeka
boekdorp
boekmerk-ikoon
boektok
boektokker
boem
boemerangkind
boep
boeptaal
boereadel
Boeretos
Boere-Toskaans
Boereworsgordyn
boerka
boerkini
boesemsonde
boetiek
boewekrasie
bogberig