Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
blouligkonvooi s.nw. | blouligkonvooie | (informeel)
Ook blouligkavalkade of blouligbrigade
aantal motors en/of motorfietse van verkeerspolisielede of van lede van ’n beskermingseenheid wat met flitsende ligte die weg baan vir ’n voertuig waarin ’n belangrike persoon êrens heen op pad is: › Die politici jaag in roekelose blouligkonvooie rond en bestee derbiljoene aan lyfwagte en die opgradering van hulle ampswonings en limousines (Max du Preez, Vrye Weekblad, 3 November 2023). › J.Z. is nou al anderhalf jaar nie meer president nie, maar hy het steeds met ’n blouligkavalkade van agt voertuie met dosyne lyfwagte by die … kommissie ingeswiep en met groot vertoon na sy sitplek gestap (Max du Preez, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019). › Hy is elke dag in lewensgevaar, het [hy] gesê kort nadat hy vergesel van ’n blouligkonvooi van agt duur staatsvoertuie vol lyfwagte by die lokaal aangekom het (Erika Gibson, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019). › Elke Woensdag vanaf seweuur die oggend wanneer die motors met ministers en hul blouligbrigade die parlementêre gebied in Kaapstad binnegery het, is hulle buite deur aktiviste begroet (Huisgenoot, 7 Junie 2018). › ’n Ander groepering is op hul beurt gevoeg by die immer groeiende blouligbrigade wat [hom] rondgery het (Erika Gibson, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019).
◌ ENGELS: blue light convoy | blue light cavalcade | blue light brigade
blink-in-die-skuld
blinkjan
blinkstefaans
blits
blitser
blitsklits
BLM
bloemlesingreeks
blok
blokketting
blokkiesmaag
blokkiespens
blom 1
blom 2
blomkoolrys
bloostoets
blou
bloudruppel=
bloudruppeltelling
bloudruppelverslag
bloue
bloujare
bloulampie
blouligkonvooi
bloupoets
blouwillebessiebliksem
blushelikopter
blyer
bly-of-gly-debat
BNG
bocce
boccia
bocconcini
boeja
boeka
boekdorp
boekmerk-ikoon
boektok
boektokker
boem
boemerangkind
boep
boeptaal
boereadel
Boeretos
Boere-Toskaans
Boereworsgordyn