Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 22 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

bokashi s.nw. [geen meervoud]
Ook bokasji


1
gistingsproses waarby voedselreste en soortgelyke organiese afval deur spesialisbakterieë omgesit word in ’n produk wat as voedingstof by grond gevoeg word en die tekstuur daarvan verbeter: Bokashi is ’n komposteringstelsel. Die woord is Japannees vir “gefermenteerde organiese materiaal”. Dis ook ’n stelsel waarmee enigeen sy koolstofvoetspoor kan verminder (Corné Coetzee, Netwerk24, 24 Februarie 2015).

2
mengsel wat ’n bokashi-proses aan die gang sit: Op dié plaas versamel ons [...] saad wat ons eersdaags gaan verkoop; ons kweek self saailinge en maak steggies; ons verander bokashi in kompos – en ons het genoeg om aan ander projekte of die publiek te verkoop (Platteland, Lente 2021). Bokashi is kaf (gewoonlik graan-) wat met molasse en ’n spesiale soort probiotika – vol natuurlike bakterieë soos dié in kaas, jogurt, bier en wyn – behandel is. Dit word met kosafval gemeng en lugdig verseël om ’n fermentasie- en komposmaakproses aan die gang te sit (Corné Coetzee, Netwerk24, 24 Februarie 2015).

3
produk van ’n bokashi-proses: Mikrobes wat in lae tussen kombuisafval gestrooi word, sit ’n kragtige fermentasieproses aan die gang wat die afval in ’n toe houer, soos ’n emmer met ’n deksel, binne ’n paar weke tot bokashi verwerk. (Landbouweekblad, 18 September 2020). Bokashi is soos kompos op steroïede. Mikrobes soos dié wat gebruik word om kaas, jogurt en brood te maak, word in lae tussen organiese kombuisafval gestrooi en sit ’n fermentasieproses aan die gang wat binne twee weke ryk kompos lewer (Corné Coetzee, Beeld, 29 Januarie 2016).
ENGELS: bokashi


oorsprong:
Japannees


samestelling(s):
bokashi-blik: As jy net een permakultuur-ding doen, begin deur jou kombuisafval te herwin. Begin ’n bokashi-blik (Corné Coetzee, Beeld, 29 Januarie 2016).
bokashi-emmer: Baie mense wat nie in die stadskom woon nie, kom hierheen om hulle vol bokashi-emmers leeg te maak of hulle lappies huurgrond te versorg (Platteland, Lente 2021). Anders as met komposhope en wurmplase hoef jy nie kombuisafval eers uit te sorteer nie – selfs vleis, suiwel, sitrus en uie kan in jou 20 ℓ-bokashiemmer gaan (Platteland, Lente 2021).
bokashi-fermentering
bokashi-kompostering
bokashi-semels: Elke laag afval van 3-4 cm diep word met ’n dun lagie bokashi-semels bedek tot die emmer, wat met ’n deksel verseël word, vol is. Dit is ’n reuklose fermentasieproses wat maklik binnenshuis beheer kan word (Platteland, Lente 2021).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther