Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
brekende nuus woordgroep
nuutste inligting oor gebeure/aktiwiteite wat aan die gang is: › Die kanaal maak ruim gebruik van ’n span “digitale joernaliste” wat die sosiale media fynkam vir brekende nuus (Petrus Malherbe, Netwerk24, 2 November 2018). › Hier kry ek nie net vars, brekende nuus oor wat in Suid-Afrika en die wêreld gebeur nie, maar ek het ek ook toegang tot 11 tydskrifte (Kuier, 28 September 2018). › Dit raak te veel. Die Inligting. Sosiale media en brekende nuus en die breë kerk van TV-advertensies – al die produkte waarsonder ek nie ten volle méns kan wees nie ... (Schalk Lourens van Empangeni, Rapport, 1 Oktober 2017). ◌ ENGELS: breaking news
Bosniak
Bosniër
bosvleis
boswa
bot
bottelkoors
botterbulletjie
boumafia
boyfriend
bra
brabbelmiekser
Brahma
Brahman
brandstraf
brannas
brasse
Braxton Hicks-sametrekking
breek
brei
breinbarstend
breinbeneweldheid
breinorgasme
breinpoep
brekende nuus
briewebusmaatskappy
-bril
briljantjie
bRNS
broccolini
broeikas
broek
broeksakoproep
brokkelbrein
brokkolini
bromanse
bron
brood
broodkrummel
broodmandjie
brugbaba
brugslaper
bruidzilla
bruilof
bruindrein
brulpadda
brumasie
brumeer