Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
=bril woorddeel agtergrond, denkwyse, ingesteldheid, invalshoek, omstandighede, of dergelike waaruit of waarvolgens iets beskou of beoordeel word: › Niks wat die regering in hierdie tye doen behoort sonder 'n verkiesingsbril op bekyk te word nie (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 6 Desember 2023). › Dis beter om daai eerstewêreldbril waarmee ek geneig is om na alles te kyk te bêre (Pierre Steyn, Weg, Desember 2017). › In dié land is ons geprogrammeer om met 'n rassebril na mekaar te kyk (Die Burger, 17 Maart 2000). › ’n Mens kyk dus deur baie brille na die jaar wat voorlê. Alles ten spyt is daar nog die geloofsbril (Die Burger, 23 Desember 1988).
bosvleis
boswa
bot
bottelkoors
botterbulletjie
boumafia
boyfriend
bra
brabbelmiekser
Brahma
Brahman
brandstraf
brannas
brasse
Braxton Hicks-sametrekking
breek
brei
breinbarstend
breinbeneweldheid
breinorgasme
breinpoep
brekende nuus
briewebusmaatskappy
-bril
briljantjie
bRNS
broccolini
broeikas
broek
broeksakoproep
brokkelbrein
brokkolini
bromanse
bron
brood
broodkrummel
broodmandjie
brugbaba
brugslaper
bruidzilla
bruilof
bruindrein
brulpadda
brumasie
brumeer
Bs en Vs
BS-radar