Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
brumasie s.nw. [geen meervoud] oorwinteringsperiode by koudbloedige diere (= ektoterme): › By koudbloediges (ektoterme) soos reptiele en paddas, wat uitwendige bronne gebruik om hul liggaamstemperatuur te beheer, is energie of kos nie noodwendig ’n probleem nie, maar wel die omgewingstemperatuur [...] Die term hiberneer word slegs gebruik wanneer daar na warmbloedige diere, dit wil sê soogdiere en voëls, verwys word. Vir reptiele, amfibieë en visse is brumasie die korrekte term om te gebruik, maar dit word nie dikwels gebruik nie. Daar word eerder gepraat van diere wat oorwinter of oorsomer om in die spesifieke seisoene te oorleef (Danny Fourie (red.), Hoe verklaar jy dit? II, 2017). › Ná ’n oorwinteringsperiode (brumasie), volg die paringstydperk [van die skilpaaie] gedurende die lente (A.V. Strydom, MSc-tesis, US, 2001).
◌ ENGELS: brumation
KYK OOK: ektoterm
breinpoep
brekende nuus
briewebusmaatskappy
-bril
briljantjie
bRNS
broccolini
broeikas
broek
broeksakoproep
brokkelbrein
brokkolini
bromanse
bron
brood
broodkrummel
broodmandjie
brugbaba
brugslaper
bruidzilla
bruilof
bruindrein
brulpadda
brumasie
brumeer
Bs en Vs
BS-radar
Buff
buisdrukker
buiskopdoek
buisserp
buiteboud-aan-buiteboud
bullebakkie
bullestrontitis
bulletjierugby
Burokratees
burrito
bus 1
bus 2
Bybelboelie
byebed
byeterapie
bystanddood
bystandselfdood
bystandsterfte
bysteekkoek
calavera