Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
broek s.nw. | broeke | broekie |
UITDRUKKING(S):
♦ jou laaste broek aanhê geen keuse of uitweg meer hê nie.
Opmerking
Ek het dit in die 1960’s in die Vrystaat gehoor by my oupa en ouma. As ek reg onthou, het Oupa vertel dat die spreekwoord in gebruik was ná die Tweede Vryheidsoorlog. Die Boere het net die klere aan hulle lywe oorgehad en moes dikwels van aalmoese leef. As iemand die hulp bedank het, is daar gesê dat hy nog nie sy laaste broek aanhet nie. As daar nog ander klere is, of geld, het jy nog die voorreg om kieskeurig te wees (Mike van Niekerk in die groep Argaïese Afrikaanse uitdrukkings is cool!, Facebook, 31 Maart 2020).
♦ met die broek op die knieë (of om die enkels) betrap/gevang word onkant betrap word; jou in ’n ongemaklike/netelige posisie bevind: › Die veiligheidsmagte is met die spreekwoordelike broek op die knieë gevang met die pas afgelope geweld, het [...] die minster van verdediging op televisie erken. En nou is dieselfde broek om die enkels met ons ontplooiing in Mosambiek (Erika Gibson, Vrye Weekblad, 30 Julie 2021).
◌ ENGELS: be/get caught with one’s pants down | be/get caught with one’s pants around the ankles
boumafia
boyfriend
bra
brabbelmiekser
Brahma
Brahman
brandstraf
brannas
brasse
Braxton Hicks-sametrekking
breek
brei
breinbarstend
breinbeneweldheid
breinorgasme
breinpoep
brekende nuus
briewebusmaatskappy
-bril
briljantjie
bRNS
broccolini
broeikas
broek
broeksakoproep
brokkelbrein
brokkolini
bromanse
bron
brood
broodkrummel
broodmandjie
brugbaba
brugslaper
bruidzilla
bruilof
bruindrein
brulpadda
brumasie
brumeer
Bs en Vs
BS-radar
Buff
buisdrukker
buiskopdoek
buisserp
buiteboud-aan-buiteboud