Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
broodkrummel s.nw. | broodkrummels |
1 stukkie brood
2 (figuurlik) brokkie inligting, gewoonlik een van ’n reeks wat met mekaar verband hou: › Tussen die broodkrummels wat wetenskaplikes oor die eeue heen oor ons heelal se ontstaan versamel het, was hierdie ’n bielie (Clifford Roberts, Vrye Weekblad, 5 Julie 2015).
3 (internet) een van ’n reeks klikbare skakels boaan ’n webblad as aanduiding van waar presies ’n besoeker hom/haar op ’n hiërargies ingedeelde webwerf bevind.
◌ ENGELS: breadcrumb
oorsprong:
Na die sprokie van Hansie en Grietjie, wat in ’n poging om hul weg terug huis toe te vind, ’n spoor van broodkrummels agtergelaat het.
samestelling(s):
broodkrummelnavigasie
◌ ENGELS: breadcrumb navigation
brannas
brasse
Braxton Hicks-sametrekking
breek
brei
breinbarstend
breinbeneweldheid
breinorgasme
breinpoep
brekende nuus
briewebusmaatskappy
-bril
briljantjie
bRNS
broccolini
broeikas
broek
broeksakoproep
brokkelbrein
brokkolini
bromanse
bron
brood
broodkrummel
broodmandjie
brugbaba
brugslaper
bruidzilla
bruilof
bruindrein
brulpadda
brumasie
brumeer
Bs en Vs
BS-radar
Buff
buisdrukker
buiskopdoek
buisserp
buiteboud-aan-buiteboud
bullebakkie
bullestrontitis
bulletjierugby
Burokratees
burrito
bus 1
bus 2