Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
briljantjie s.nw. | briljantjies | (informeel, soms skertsend, soms neerhalend) iemand wat meestal aan die leer of studeer is: › Jy is ’n regte briljantjie, want jy sit gedurig met jou neus in die boeke (Corlietha Swart, Leesprogram, 18 Mei 2020). › Is jy ’n briljantjie in matriek? (Maroela Media, 31 Augustus 2016). › Kom [kinders] in die hoërskool, dan háát ’n goeie gros die idee om soos ’n sissie op ’n klip te sit en gedigte te lees. Hoekom? Omdat ’n ouer geslag onderwysers ons kinders geleer het dat poësie duistere geheime het wat net ’n paar briljantjies of mallerige uitverkorenes kan verstaan (Riana Scheepers, bookslive.co.za, 1 April 2011).
◌ SINONIEM(E): bleeksiel
◌ ENGELS: nerd | geek
boswa
bot
bottelkoors
botterbulletjie
boumafia
boyfriend
bra
brabbelmiekser
Brahma
Brahman
brandstraf
brannas
brasse
Braxton Hicks-sametrekking
breek
brei
breinbarstend
breinbeneweldheid
breinorgasme
breinpoep
brekende nuus
briewebusmaatskappy
-bril
briljantjie
bRNS
broccolini
broeikas
broek
broeksakoproep
brokkelbrein
brokkolini
bromanse
bron
brood
broodkrummel
broodmandjie
brugbaba
brugslaper
bruidzilla
bruilof
bruindrein
brulpadda
brumasie
brumeer
Bs en Vs
BS-radar
Buff