Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
ceviche [uitspraak: su-vie-tsje] s.nw. | ceviches, ceviches’e | (Spaans, kookkuns) Suid-Amerikaanse gereg van stukkies rou vis wat in suurlemoensap en/of sap van ander sitrusvrugte gemarineer is: › Sy is ’n voorstander van rou kos en het in 2014 ook ceviche (gamarineerde rou vis) begin eet (Huisgenoot, 29 November 2018). › Vir iets meer eksoties maak ek ceviche om sitrus in aksie te sien as wonderwerker, geurmaker, gaarmaker en katalisator (Errieda du Toit, Netwerk24, 25 April 2018). › Daar is ses verskillende soorte ceviche alleen; ook salm, calamari, krap en parmesaan-seekosgeregte (Netwerk24, Maart 2018). › Ceviche is dun skyfies rou vis wat “gaargemaak” word in ’n surigheid soos suurlemoensap of asyn (Esther Malan, Huisgenoot, 3 November 2017).
bullestrontitis
bulletjierugby
Burokratees
burrito
bus 1
bus 2
Bybelboelie
byebed
byeterapie
bystanddood
bystandselfdood
bystandsterfte
bysteekkoek
calavera
calzone
Camissa
cannoli
captcha
caput
Cas9
CBD
CBDC
CCS
ceviche
CFD
chakchouka
chappie
chaps
char
charcuterie
charcutier
charlatan
chartreuse
ChatGPT
chiasaad
chick lit
chill
chimichurri
Chinees
chizkop
chlorokien
choke
chroniese-covid-sindroom
churro
CIPC
cis
cisgender