Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
chick lit s.nw. [versamelnaam] (uit Engels) (populêre fiksie)
Ook chic lit
moderne fiksie met driedimensionele karakters en ’n eerstepersoonsverteller wat dikwels met humor ’n intieme blik bied op die lewe, romantiese uitdagings en herkenbare probleme van moderne vroue van verskillende ouderdomme, meestal teen ’n stedelike agtergrond: › Volgens Elize Parker word chick lit gekenmerk deur die anti-heldin. Die hoofkarakter is glad nie perfek nie. Sy kan byvoorbeeld ’n bietjie lomp wees, soos in die geval van Bridget Jones’s Diary (Carolyn Meads, Books Live, 14 Oktober 2011). › Chick lit is fantasie en van nature “over the top”; góéie chick lit word terselfdertyd onderlê deur egte deernis en menslikheid en oortuigende karakterisering (J.B. Roux, Die Burger, 1 Julie 2019).
◌ SINONIEM(E): romantiese komedie
◌ ENGELS: chick lit | chick literature
KYK OOK: liefdesroman, romanse
samestelling(s):
chick lit-skrywer
chick lit-roman: › Erskine is ook die skrywer van Donatello en Volksie, destyds beskryf as die eerste chick lit-roman in Afrikaans wat deur ’n man geskryf is (Die Burger, 7 Desember 2017).
bysteekkoek
calavera
calzone
Camissa
cannoli
captcha
caput
Cas9
CBD
CBDC
CCS
ceviche
CFD
chakchouka
chappie
chaps
char
charcuterie
charcutier
charlatan
chartreuse
ChatGPT
chiasaad
chick lit
chill
chimichurri
Chinees
chizkop
chlorokien
choke
chroniese-covid-sindroom
churro
CIPC
cis
cisgender
Cites
clichétoeris
Clicksbril
CMS
corona
coronaparanoia
coronavirus
CoV
covid-19
covidioot
CPAP
CRISPR