Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 29 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

CRISPR afk. [Engelse verkorting van clustered regularly interspaced short palindromic repeats] (mikrobiologie) Ook crispr of (Engels) Crispr
kort segment van herhaalde kodes in die DNS wat deur ’n bakterie as verdedigingsmeganisme gebruik word om ’n aanval deur ’n nuwe virus te herken en te beveg – en as basis dien vir CRISPR-Cas9-tegnologie: Hoewel genetiese modifikasie al etlike jare lank toegepas word, was dit tot dusver ’n baie growwe tegnologie. Crispr is heelwat goedkoper en akkuraat – dit is soos die verskil tussen ’n gerekenariseerde lasersnyer en ’n ystersaag (Jan C. Greyling, Landbou.com, 21 Mei 2021). Amptelik verwerp wetenskaplikes die gebruik van CRISPR om gene te manipuleer om gesonde mense te “verbeter”, maar dit gaan nie almal keer om te probeer nie (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 19 Februarie 2021). Jennifer Doudna het pas die Nobelprys vir Chemie gewen. Haar baanbrekerswerk met die ontdekking van Crispr, die genetiese redigeringsinstrument, het reeds ’n omwenteling in die behandeling van siektes teweeggebring. Maar beteken dié nuwe wêreld ’n generasie van ontwerper-superbabas? (Huisgenoot, 4 Desember 2020).

CRISPR-Cas9 tegniek om die genoom (= die volledige genetiese samestelling) van ’n organisme te redigeer, in 2012 ontwikkel deur Jennifer Doudna van die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, en Emmanuelle Charpentier van die Max Planck-instituut vir Infeksiebiologie: CRISPR-Cas9 kom in die natuur voor waar bakterieë dit gebruik om hulle teen virusse te beskerm (Charl van Rooyen, Landbouweekblad, 5 Julie 2019). CRISPR-Cas9 werk soos ’n molekulêre skêr met ’n gidshond, wat ontleen is aan ’n natuurlike meganisme. Dit bestaan uit twee belangrike molekules wat ’n verandering (mutasie) aan die DNS aanbring. Die eerste is ’n ensiem (proteïen) genaamd Cas9. Dit is die molekulêre skêr wat die DNS kan knip op ’n spesifieke plek op die genoom sodat dele van die DNS bygevoeg of verwyder kan word. Die tweede is ’n stukkie RNS. (Die hoofrol van RNS is om as boodskapper op te tree en die instruksies aan die DNS oor te dra) [...] Dit verseker die Cas9 – die genetiese skêr – sny op die regte plek (Elsabé Brits, Netwerk24, 30 Oktober 2019).


CRISPR-geenredigering die gebruik van CRISPR’s om geneties oordraagbare siektes te behandel of plante te modifiseer, maar met die moontlikheid dat dit ook op diere en mense toegepas kan word.

KYK OOK: geenredigering


samestelling(s):
CRISPR-tegnologie: Die voordele van Crispr-tegnologie vir die landbou is oneindig – van virusbestande piesangkultivars en kafeïenvrye koffie tot droogtebestande mielies en selfs glutenvrye koring. Dit is die reëls en regulasies, en perke aan die verbeelding, wat die vooruitgang nou rem (Jan C. Greyling, Landbou.com, 21 Mei 2021). Met Crispr-tegnologie kan die spesifieke geen vir glifosaatverdraagsaamheid met die presisie van ’n skerpskutter binne die mielie-DNS geïnkorporeer word. Nie net kan spesifieke stukkies DNS tussen organismes oorgeplaas word nie, maar Crispr kan ook gebruik word om gedeeltes van ’n organisme se eie DNS uit te sny (te deaktiveer) (Jan C Greyling, Landbouweekblad, 21 Mei 2021).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther