Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
dekonstrueer ww. | het gedekonstrueer |
1 (iets) ontleed/herlei/terugvoer tot die dele waaruit dit oorspronklik geskep/saamgestel is en dié (bestand)dele dan opnuut interpreteer en saamvoeg: › Plan drie is om iets te doen wat elke Afrikaanse skrywer wat sy sout verdien, in elk geval doen – en dis om nie net te sit en die Engels te verwerk nie, maar terug te gaan na die oorspronklike strategie vir die advertensie, om te begryp wat die werklike doel van die konsep was in plaas van om jou blind te staar teen die Engels. Jy dekonstrueer die advertensie tot by sy basiese elemente en begin weer van voor af bou, al is jy gebind aan gegewe illustrasiemateriaal (Afrikaans vandag, kwartaalblad van die Stigting vir Afrikaans, Februarie 1997). › [Willie Bester se] landskappe het saam met tydgenote soos Jane Alexander, David Koloane, Sam Nhlengethwa, Penny Siopis en Alfred Thoba die koloniale blik gedekonstrueer en as aanklag gedien teen die politieke vergrype gedurende apartheid (Henk Serfontein, Vrye Weekblad, 14 Junie 2019). › Iets wat egter vir my al hoe meer voorkom by moderne kookkuns is ’n oorkompensasie van kosslenters, wat veroorsaak dat die bestanddele soms tweede viool speel vir foefies en truuks. Styl en voorlegging word amper belangriker geag as geur en smaak. Die integriteit van die bestanddele gaan verlore. Vars bestanddele word so gereduseer en gedekonstrueer dat die eindproduk eintlik maar net ’n skadu is van die oorspronklike bestanddeel (Carla Lewis, Netwerk24, 10 Junie 2017). › Niks ontgaan [Alexander Strachan] se alsiende oog nie. Dwaalpoort dekonstrueer groot temas – van eienaarskap, bewaring, plaasonteiening, grondhervorming en oeroue natuurkragte tot die politiek van verhoudings en die einde van ’n politieke era (Hannelie Booyens, Huisgenoot).
2 (teks) ontleed deur ’n proses van dekonstruksie te volg. ◌ ENGELS: deconstruct
KYK OOK: dekonstruksie
daggakoekie
daikon
dala
dalgona
dalgonakoffie
damp
damppen
damprook
dampstokkie
damptoestel
dankbaarheidsdagboek
dassiemaan
data
databondel
datadroogte
datajoernalis
datajoernalistiek
dataskraper
dataskraping
data-tsunami
deelekonomie
defensiewe argitektuur
DeFi
dekonstrueer
dekonstruksie
deksametasoon
deltavariant
Denisovamens
denkbeïnvloeder
denkleier
denkleierskap
depro
deradikaliseer
derdekultuurkind
dermatillomanie
dermsakkie
dêrra
dêrrie
deugdwang
deugpronker
deugpronkery
deugsinjalering
deurbraakinfeksie
dhai
dhal
dhoe’r
dialek