Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
deltavariant s.nw. [geen meervoud]
Ook delta-variant of (nie-erkende skryfwyse in Afrikaans, maar in die media algemeen met ’n hoofletter) Delta-variant
variant van die koronavirus EARS-CoV-2 wat die eerste keer in Indië waargeneem is: › Volgens [prof. Tulio de Oliveira] is die alfa- en die delta-variant, wat onderskeidelik in die VK en Indië ontdek is, die aansteeklikste van ál die variante. Hoewel die alfa- en die delta-variant ook in Suid-Afrika voorkom, is die beta-variant steeds oorheersend. Die gamma-variant, wat in Brasilië ontdek is, kom nie in Suid-Afrika voor nie (Arisa Janse Van Rensburg, Netwerk24, 19 Junie 2021). › Die Delta-variant uit Indië, wat reeds in Suid-Afrika die ronde doen, is byna twee keer aansteekliker as ander variante (Netwerk24, 25 Junie 2021).
◌ SINONIEM(E): Indiese variant | B.1.617.2-variant
dalgona
dalgonakoffie
damp
damppen
damprook
dampstokkie
damptoestel
dankbaarheidsdagboek
dassiemaan
data
databondel
datadroogte
datajoernalis
datajoernalistiek
dataskraper
dataskraping
data-tsunami
deelekonomie
defensiewe argitektuur
DeFi
dekonstrueer
dekonstruksie
deksametasoon
deltavariant
Denisovamens
denkbeïnvloeder
denkleier
denkleierskap
depro
deradikaliseer
derdekultuurkind
dermatillomanie
dermsakkie
dêrra
dêrrie
deugdwang
deugpronker
deugpronkery
deugsinjalering
deurbraakinfeksie
dhai
dhal
dhoe’r
dialek
diamantmaan
DiCaprio-kewer
diensrobot