Bygewerk op 2 Maart 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 449

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

DeFi akr. [verkorting van gedesentraliseerde finansiering, gedesentraliseerde finansies] nuwe, eksperimentele vorms van finansiële protokolle wat onafhanklik van tussengangers op blokkettings gebaseer word: Benewens dat dit ’n plek is waar kripto’s verhandel word, het Binance ook sy eie blokketting, die Binance Smart Chain (BSC). Die BSC bied soortgelyke funksies aan Ethereum, Solana en Cardano deurdat dit ’n ekosisteem van gedesentraliseerde finansiële produkte (DeFi) en dienste wil ontwikkel, deur hierdie finansiële transaksies met behulp van slimkontrakte te fasiliteer (Netwerk24, 24 September 2021). Net soos wat kripto’s die belofte inhou dat dit beheer oor geldeenhede van die enkeles na die massa verskuif, net so neem De-Fi beheer oor finansiële produkte weg van tussengangers soos banke, beurse, makelaars, geldskieters en selfs dobbelhuise, en plaas dit in die hande van ’n openlike en openbare blokketting-netwerk. Kopers, verkopers, uitleners en leners kan gevolglik regstreeks met mekaar sake doen via neutrale sagteware-toepassings wat elke transaksie fasiliteer (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 11 Junie 2021). In praktyk het DeFi ’n generiese term geword wat verwys na enige toepassing wat blokketting-tegnologie of kripto’s gebruik om ’n alternatiewe soort finansiële produk te skep (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 11 Junie 2021). DeFi is ’n onderafdeling van die kriptogeldeenheidbedryf, wat tradisionele finansiële instellings uitdaag, insluitend banke, versekeringsmaatskappye en aandelemakelaars, waar entrepreneurs semi-outomatiese handels- en kredietstelsels bo-op blokkettingnetwerke bou (Netwerk24, 24 September 2021).ENGELS: decentralised finance | DeFi

samestellings:
DeFi-proses: Die ideaal is dat daar geen gesentraliseerde beheer oor ’n DeFi-proses is nie; dit werk outonoom via die blokketting deur die gebruik van sogenaamde slimkontrakte – stukkies kode wat inskop sodra aan sekere voorwaardes voldoen is (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 11 Junie 2021).


KYK OOK: slimkontrak


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther