Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
digitalisering s.nw. [geen meervoud]
1 omskakeling van optiese karakters en beeldlêers (gedigitiseerde/geskandeerde dokumente en foto’s in jpeg-, tiff-, pdf-formaat en dergelike) na gewone, deursoekbare, manipuleerbare teks.
2 bemoontliking, verbetering en/of transformering van bedryfsaktiwiteite, -funksies, -prosesse en dergelike deur digitale tegnologieë (beter) te benut en gedigitaliseerde data tot bruikbare kennis met spesifieke voordele te omskep; digitale transformasie.: › Digitalisering het omvangryke en drasties verbeterde nuwe maniere meegebring om inligting vas te lê en oor te dra, sonder die verlies aan gehalte wat met analoogstelsels die geval was (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 30 November 2019).
◌ ENGELS: digitalisation, digitalization
KYK OOK: digitaliseer, digitiseer
dermatillomanie
dermsakkie
dermuitrygery
dêrra
dêrrie
deugdwang
deugpronker
deugpronkery
deugsinjalering
deurbraakinfeksie
dhai
dhal
dhoe’r
dialek
diamantmaan
DiCaprio-kewer
diensrobot
diep
diepdekkingsagent
digikon
digisfeer
digitaal
digitaliseer
digitalisering
digitiseer
digitisering
dikgewrig
dikgewrig-
dikvingerfout
dingemalêrie
dinges
dinktenk
diogenessindroom
disanie
disfemisme
disinformasie
distansiëringsuitrusting
djas
djieker
djintoe
djits
DM
DNA
DNS 1
DNS 2
dodemars
doekebraai