Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
digitalisering s.nw. [geen meervoud]
1 omskakeling van optiese karakters en beeldlêers (gedigitiseerde/geskandeerde dokumente en foto’s in jpeg-, tiff-, pdf-formaat en dergelike) na gewone, deursoekbare, manipuleerbare teks.
2 bemoontliking, verbetering en/of transformering van bedryfsaktiwiteite, -funksies, -prosesse en dergelike deur digitale tegnologieë (beter) te benut en gedigitaliseerde data tot bruikbare kennis met spesifieke voordele te omskep; digitale transformasie.: › Digitalisering het omvangryke en drasties verbeterde nuwe maniere meegebring om inligting vas te lê en oor te dra, sonder die verlies aan gehalte wat met analoogstelsels die geval was (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 30 November 2019). ◌ ENGELS: digitalisation, digitalization
KYK OOK: digitaliseer, digitiseer
derdekultuurkind
dermatillomanie
dermsakkie
dêrra
dêrrie
deugdwang
deugpronker
deugpronkery
deugsinjalering
deurbraakinfeksie
dhai
dhal
dhoe’r
dialek
diamantmaan
DiCaprio-kewer
diensrobot
diep
diepdekkingsagent
digikon
digisfeer
digitaal
digitaliseer
digitalisering
digitiseer
digitisering
dikvingerfout
dingemalêrie
dinges
dinktenk
diogenessindroom
disanie
disfemisme
disinformasie
distansiëringsuitrusting
djas
djintoe
djits
DM
DNA
DNS 1
DNS 2
dodemars
doekebraai
doemkopter
doen
doenja-goed