Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
dombolo [geen meervoud] (Zoeloe, kookkuns) tradisionele gestoomde brood, soortgelyk aan kluitjies, maar berei met gis, dikwels op ’n bredie gaargemaak: › Die dokter en voormalige Mej. Suid-Afrika [...] het haar slag in die kombuis gewys deur video’s te deel waar sy heerlike geregte soos beesstert met dombolo en seekospotjie maak (Huisgenoot, 26 Mei 2023). › Bulelwa se dombolo (gestoomde kluitjies) voorgesit met vars plaasbotter sal selfs die gehardste banter laat knak (Carla Lewis, Weg, Junie 2019). › ’n Sny warm brood met korrelkonfyt, kaiingbrood met sagte vet, soetsuurdeegbrood uit die Sandveld, broodblokkies in die gortsop, rosyntjiebrood saam met ’n skeppie piekelvis, dombolo by die stowevleis (Errieda du Toit, Netwerk24, 16 September 2018). ◌ SINONIEM(E): stoombrood | (Tswana) umbhako | (Tswana) dipapata | (Xhosa) rostile
dingemalêrie
dinges
dinktenk
diogenessindroom
disanie
disfemisme
disinformasie
distansiëringsuitrusting
djas
djintoe
djits
DM
DNA
DNS 1
DNS 2
dodemars
doekebraai
doemkopter
doen
doenja-goed
dofie
dololo
dom
dombolo
dominator
dominatrise
dominatrix
dominee
domino
dommeling
dompelduikboot
dompeltuig
don
döner kebab
dongel
donker
donkerkombuis
donkernet
donut
dooddoula
doodgoed
doodsafrigter
dophoutegnologie
dopmaatskappy
dotcom
doughnut
doula