Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
e-sport s.nw. [verkorting van elektroniese sport] [geen meervoud] die speel van videospeletjies as ’n sport deur (dikwels professionele) spelers wat in georganiseerde byeenkomste met mekaar meeding terwyl toeskouers kyk hoe hulle speel: › E-sport sal na raming teen 2021 al die grootste sportligas in Amerika, behalwe die NFL, uitstof in terme van kykersgetalle (DF Luttig, UWK, Netwerk24, 12 Februarie 2019).
◌ ENGELS: electronic sports | esports | e-sports | eSports
samestelling(s):
e-sport-speler: › Hoewel dit oorspronklik in Amerika ontstaan het, het die konsep in die laat 1990’s tot vroeë 2000’s posgevat in Suid-Korea om e-sport-spelers op die verhoog te plaas soortgelyk aan glanspersoonlikhede (DF Luttig, UWK, Netwerk24, 12 Februarie 2019).
e-sportspeler: › Kuro “KuroKy” Salehi Takhasomi is die e-sportspeler wat die meeste geld verdien het tot nog toe – ’n allemintige $4 miljoen, en hy is maar 26 jaar oud. (DF Luttig, UWK, Netwerk24, 12 Februarie 2019).
e-sport-superster: › Hulle was hul tyd vooruit deurdat speletjies soos StarCraft gelei het tot die stigting van professionele spanne en borge, asook wedstryde wat uitgesaai is op televisie, terwyl ’n groot skare in teaters/stadions toegekyk het hoe die e-sport-supersterre meeding op ’n verhoog vol flikkerende ligte en allerlei katoeters om mense geïnteresseerd te kry (DF Luttig, UWK, Netwerk24, 12 Februarie 2019).
engel
engelruitertjie
enkelgebruik=
enkripsie
enkripteer
entjie
entomofaag
entomofagie
entstofpaspoort
entstofweieraar
episentrum
ERA
eraïsme
Erasa
erfenisgroente
Erfenismaand
erfenissaad
erfgroente
erfsaad
ervaringstoeris
ervaringstoerisme
ervaringstuin
e-SIM
e-sport
essie
Eswatini
ethereum
etiket
etnonasionalis
etnonasionalisme
etnonasionalisties
ettig
Europese Ruimteagentskap
EVDS
e-voertuig
expat
exposé
fadjer
Fafbroekie
fait accompli
faloeda
falooda
Falun Dafa
Falun Gong
famo
fard
farmaboerdery