Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
genderidentiteit s.nw. | genderidentiteite | die geslag waarmee jy jou identifiseer: › Jou genderidentiteit is wat jou brein vir jou sê jy is. Is ek ’n man? Of is ek ’n vrou? Of iewers tussenin? Dit is hoe jy as individu voel en is. Dis nie noodwendig dieselfde as jou geslag nie (Elsabé Brits, Netwerk24, 22 Augustus 2020). › Die wêreld sê ons moet konformeer in spesifieke kassies van “streng manlik” en “streng vroulik”, maar dit is nie vir almal so eenvoudig nie. Sommige mense se genderidentiteit stem nie ooreen met hul biologiese geslag nie (Elsabé Brits, Vrye Weekblad, 2 Augustus 2019).
◌ ENGELS: gender identity
KYK OOK: transgender
geit
gekletter
gekorona
gekureer
gelamba
gelappop
geldeenheid
geldmuil
geloofskas
geluiddempend
geluiddowend
geluidshaat
geluk
gemani
gemeenskapstuin
gemengde leer
gementorde
gemoedsbekakker
gemoedsbekakking
gemors
gemorsopruimer
genderbinariteit
gendergeweld
genderidentiteit
genderkontinuum
genderneutraal
genderneutraliteit
genderqueer
genderspektrum
genderstereotipe
genderstereotipering
genderswerwer
gendervloeibaar
generasie
geneties
genomies
genomika
gentleman-skollie
gentrifikasie
gentrifiseer
gentrifisering
geoligging
geolokalisering
geolokasie
geomitologie
geopolitiek
geoposisie