Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
genderqueer b.nw. [attr. en pred.] wat verband hou met of wat iemand is wat met ’n genderidentiteit identifiseer wat nóg heeltemal manlik nóg heeltemal vroulik is, of wat hulle op so ’n manier uitdruk: › Die Amerikaner het aangekondig dat “hulle” nou as nie-binêr identifiseer. Lovato verkies die voornaamwoord “hulle” om hulself te beskryf om daarmee die “vloeibaarheid wat ek voel in my geslagsuitdrukking die beste voor te stel”. Nie-binêr of genderqueer is ’n sambreelterm vir mense wat nie as manlik of vroulik identifiseer nie – identiteite wat buite die geslagsbinêr val (Ross Michaels, Rapport, 23 Mei 2021). › Ons as gays en lesbiërs en almal oor die reënboogsprektrum heen, is nie randfigure nie: ons is jul seuns, dogters en genderqueer kinders en kleinkinders. Ons is jul ouers en grootouers (Francois Lion-Cachet, Rapport, 12 Julie 2020).
◌ ENGELS: genderqueer
KYK OOK: genderswerwer
gelamba
gelappop
geldeenheid
geldmuil
geloofskas
geluiddempend
geluiddowend
geluidshaat
geluk
gemani
gemeenskapstuin
gemengde leer
gementorde
gemoedsbekakker
gemoedsbekakking
gemors
gemorsopruimer
genderbinariteit
gendergeweld
genderidentiteit
genderkontinuum
genderneutraal
genderneutraliteit
genderqueer
genderspektrum
genderstereotipe
genderstereotipering
genderswerwer
gendervloeibaar
generasie
geneties
genomies
genomika
gentleman-skollie
gentrifikasie
gentrifiseer
gentrifisering
geoligging
geolokalisering
geolokasie
geomitologie
geopolitiek
geoposisie
geoposisionering
geoskattejag
geosmien
geosmine