Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
gendervloeibaar b.nw. | gendervloeibare |
1 wat hulle nie met ’n vaste geslag (spesifiek manlik of spesifiek vroulik) identifiseer nie, maar met al twee of wat tussen die twee wissel: › C. is afgeknou omdat hy gendervloeibaar is (Sandy Cook, Huisgenoot, 5 Julie 2018).
2 wat nie met ’n spesifieke geslag verbind kan word nie; wat geskik is vir (gebruik deur) enigiemand: › Ek handhaaf my mededingende voorsprong deur gendervloeibare, modegewys vooruitstrewende en straatgeïnspireerde mansdrag te ontwerp (Finweek, 2 Junie 2016). ◌ ENGELS: genderfluid
samestelling(s):
gendervloeibaarheid: › Oor haar eie gender-vloeibaarheid was Kewpie openlik: Sy het haar nie streng geïdentifiseer as man óf as vrou nie (Johan Myburg, Vrye Weekblad, 24 Mei 2019).
geluiddempend
geluiddowend
geluidshaat
geluk
gemani
gemeenskapstuin
gemengde leer
gementorde
gemoedsbekakker
gemoedsbekakking
gemors
gemorsopruimer
genderbinariteit
gendergeweld
genderidentiteit
genderkontinuum
genderneutraal
genderneutraliteit
genderqueer
genderspektrum
genderstereotipe
genderstereotipering
genderswerwer
gendervloeibaar
generasie
geneties
genomies
genomika
gentleman-skollie
gentrifikasie
gentrifiseer
gentrifisering
geoligging
geolokalisering
geolokasie
geomitologie
geopolitiek
geoposisie
geoposisionering
geoskattejag
geosmien
geosmine
geostasionêre satelliet
geraasonderdukkend
Germaans
geruisdempend
geruisdowend