Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
genomika s.nw. [geen meervoud] (biologie) interdissiplinêre vertakking van biologie wat fokus op die bestudering van die struktuur, funksie, evolusie, kartering en redigering van genome, waarby ’n genoom die volledige stel DNS van ’n sel of organisme is, insluitende al sy gene: › Genomika speel ’n belangrike rol by die verbetering van kuddes. › Met die tegniek van genomiese ontledings kan ’n wetenskaplike byvoorbeeld vasstel of die melkkoeie met die hoogste produksie ter wêreld ’n gemeenskaplike groep gene het. Die proses kan dan verder verfyn word deur byvoorbeeld ’n enkele geen met ’n bepaalde eienskap te soek, soos hoë bottervet (Charl van Rooyen, Landbouweekblad, 15 Mei 2020). ◌ TEENOOR: genetika ◌ ENGELS: genomics
samestelling(s):
genomikawaarnemingslaboratorium: › Die span by die genomikawaarnemingslaboratorium (Krisp) in KwaZulu-Natal ondersoek dit of Suid-Afrikaners moontlik immuniteit teen die Indiese virusvariant het (Netwerk24, 18 Junie 2021).
KYK OOK: genomies
gemani
gemeenskapstuin
gemengde leer
gementorde
gemoedsbekakker
gemoedsbekakking
gemors
gemorsopruimer
genderbinariteit
gendergeweld
genderidentiteit
genderkontinuum
genderneutraal
genderneutraliteit
genderqueer
genderspektrum
genderstereotipe
genderstereotipering
genderswerwer
gendervloeibaar
generasie
geneties
genomies
genomika
gentleman-skollie
gentrifikasie
gentrifiseer
gentrifisering
geoligging
geolokalisering
geolokasie
geomitologie
geopolitiek
geoposisie
geoposisionering
geoskattejag
geosmien
geosmine
geostasionêre satelliet
geraasonderdukkend
Germaans
geruisdempend
geruisdowend
geselsbot
geselsrobot
gesigherkenningstegnologie
gesigsbiometrie