Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
generasie s.nw. | generasies |
› Generasie Alfa ◌ Ook Alfa-generasie ◌ demografiese generasie ná Generasie Z, van mense gebore tussen die vroeë 2010’s en middel-2020’s: › Vasbyt, millenniërs! Met die koms van die post-millenniërs en die Alfa-generasie het ons binnekort nuwe mense om oor te gesels (Mercy Kannemeyer, Skrop). ◌ ENGELS: Generation Alpha
› Generasie X [dikwels afgekort of verkort tot Gen(.) X] demografiese generasie van mense wat ruweg tussen 1965 en 1980 gebore is, ná die geboortegolf (“baby boom”) wat op die beëindiging van die Tweede Wêreldoorlog gevolg het en vóór Generasie Y: › Aan watter generasiegroepering behoort jy – die Stil Generasie, die Baby Boomers, Generasie X, Generasie Y, die Millenniërs of die nuwe Generasie Z? (Esté Gross, Netwerk24, 16 Mei 2019). › Daar is iets in die lug. ’n Golf van Gen X-vroue het die afgesaagde ou siening dat vroue in hulle middeljare onsigbaar is, begin omkeer (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 14 Julie 2023).
› Generasie Y [dikwels afgekort of verkort tot Gen(.) Y] demografiese generasie van mense wat van 1981 tot 1996 gebore is: › Ons as Generasie Y word geroetineer en gereguleer om slegs te doen wat ons moet en wat van ons verwag word (Jané de Wet, NMU, Netwerk24, 28 Januarie 2019). › Gesels jy met die 19-jarige, kom jy agter hy’s beslis deel van Generasie Y. Hy wil kitsbevrediging hê en hy sal tegnologie gebruik om dit te kry (Rapport, 11 April 2016). ◌ SINONIEM(E): millenniërs ◌ ENGELS: Generation Y
› Generasie Z [dikwels afgekort of verkort tot Gen(.) Z] demografiese generasie wat op Generasie Y (die millenniërs) volg: › Gen Z is die eerste digitale boorlinge van die mensdom. Die breinkartering, die manier van leer en die verwerkingsmetode is totaal anders. Dit is ’n heel ander denkwyse. En boonop het hierdie generasie die hoogste barometer vir maatskaplike geregtigheid (Dion Chang, Vrye Weekblad, 10 November 2023). › Base maak ’n fout om Gen Z se aandrang op geestesgesondheid te ignoreer (Chundré Filippus, Vrye Weekblad, 26 Augustus 2022). › Millenniërs was klaar ’n progressiewe geslag. Ek is ’n millenniër, maar die geslag ná ons, Generasie Z – mense wat ná 1996 gebore is – is die mees progressiewe geslag in die geskiedenis van die wêreld as jy na kwessies soos klimaatsverandering, LGBT-regte en rassisme kyk (Vrye Weekblad, 4 September 2020). › Hierdie jong luisteraars val in die kategorie 20 tot 25 jaar, die groep waarna bemarkers as Generasie Z verwys. Hulle is in die tegnologie ingebore, maar wat nog belangriker is, is hoe verfynd hulle sin vir sosiale geregtigheid, gender-vloeibaarheid en volhoubaarheid is (Annelize Visser, Vrye Weekblad, 19 Junie 2020). › Ons as Generasie Y word geroetineer en gereguleer om slegs te doen wat ons moet en wat van ons verwag word (Jané de Wet, NMU, Netwerk24, 28 Januarie 2019). › Generasie Z is nie engeltjies nie. Kinders wat tussen 1995 en 2012 gebore is, trek dwars en kla en betwis en bevraagteken soos hul voorgangers nooit as te nimmer sou waag nie (Sonja Loots, Rapport, 10 Februarie 2019). ◌ SINONIEM(E): post-milleniërs | Zoomers ◌ ENGELS: Generation Z
KYK OOK: millenniër
geluiddowend
geluidshaat
geluk
gemani
gemeenskapstuin
gemengde leer
gementorde
gemoedsbekakker
gemoedsbekakking
gemors
gemorsopruimer
genderbinariteit
gendergeweld
genderidentiteit
genderkontinuum
genderneutraal
genderneutraliteit
genderqueer
genderspektrum
genderstereotipe
genderstereotipering
genderswerwer
gendervloeibaar
generasie
geneties
genomies
genomika
gentleman-skollie
gentrifikasie
gentrifiseer
gentrifisering
geoligging
geolokalisering
geolokasie
geomitologie
geopolitiek
geoposisie
geoposisionering
geoskattejag
geosmien
geosmine
geostasionêre satelliet
geraasonderdukkend
Germaans
geruisdempend
geruisdowend
geselsbot