Bygewerk op 22 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

juggle ww. | het gejuggle | (Engels)
1
by herhaling twee of meer voorwerpe in die lug opgooi en vang sonder om een te laat val: Hy is nie ’n gewone bedelaar nie. In plaas van om te staan met ’n bordjie, het hy geleer hoe om te juggle (Simon Sonnekus, Netwerk24, 15 Maart 2017). Die woord wat my hier gebring het, is daardie nemesis van subs: juggle. Jy weet, die akrobatiese manipulering van balle. Miskien weet party van julle wat dit volgens die woordeboeke is: In Afrikaans “jongleer” ’n “jongleur”. Niemand in my familie en vriendekring het ’n blou benul gehad wat dit konstateer nie. “Juggle” is wat ons sê wanneer ons juggle bedoel. […] So wat van jongleer? Hy staan in woordeboeke en word af en toe opgesoek en gebruik. Maar amper altyd vind jy die “Engels” agterna in hakies. Wanneer word juggle Afrikaans? (Marius Visser, Netwerk24, 11 Januarie 2020). | SINONIEM(E): wiggel | jongleer

2
(figuurlik) (a) (met moeite) verskillende aktiwiteite in ’n bepaalde periode inpas: Met my wat moes juggle om na die kinders te kyk en ook vir Crystal te gaan besoek by die hospitaal – alles het net vir my te veel geraak (Luwayne Bouwers, Kuier, 20 November 2020). Van 8:00 tot 15:00 was sy in leerder-mode en van 3:00 tot 4:00 die nag het sy haar skoolwerk gedoen. Die res van die dag was aan haar man, kinders en gemeenskap toegewy. Saans het sy nog saam met haar man huisbesoek gedoen. Dit was altyd ’n kwessie van tyd en dinge juggle, maar sy het dit gedoen (Kuier, 6 Augustus 2020). (b) jou tyd so beplan dat jy verskillende dinge gelyktydig of in kort opeenvolging van mekaar kan doen: Ons kon saam tyd deurbring, nuwe vaardighede leer soos om ons tyd te juggle, en om stil te word en ons huisie te kan geniet (Elana Afrika-Bredenkamp, Huisgenoot, 8 Mei 2020). | ENGELS: juggle


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther