Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
ghwaai (informeel) Ook gwaai
1 | ghwaais | (a) sigaret: › My vriende van Upington vertel my laas, hulle het nog so gerus in die Rooms-Katolieke kerk gesit toe kom daar ’n oom met sewe rye spore in die kerk in. Die ou kyk nie nog rond nie. Hy loop reguit altaar toe, kniel voor die altaar en light sy gwaai by die kers op die altaar. Ná sy gwaai gelight is, het die ou weer gekniel, omgedraai en met dieselfde sewe rye spore uit die kerk gestap (Lynthia Julius, Rapport, 2 Julie 2023). › Sy rook gwaai op gwaai en maak moed bymekaar om Maandag Engels te gaan praat (Lynthia Julius, Rapport, 7 Julie 2024). › Hy moes eers in Steinkopf stop vir petrol en ghwaais (Dianne du Toit Albertze, Vrye Weekblad, 5 Januarie 2024). (b) daggasigaret.
◌ ENGELS: cigarette
2 [geen meervoud] dagga.
getjil
geuraksent
gevaar
gevaarloon
gevoetesleep
gewatsegoeters
gewingerd
gewoer-woer
gewolt
gezoei
gezonk
ghaazie
ghai
ghellie
ghielap
ghoemahare
ghoentoem
ghoes
ghoesl
ghonnaghoet
ghost
ghries
ghwa
ghwaai
gielaaf
gierplank
gierslaaf
gigu
gin
gin-en-tonic
GIS
giya
GKI
glamp
glampeer
glansgans
glanskamp
glanskampeer
glanskampering
glim-
gloeigroen
glottisslag
gochujang
goedkooprig
Goema
-gogga
goggahotel