Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
glampeer ww. | het geglampeer | [sametrekking van glanskampeer] in die veld of elders in die buitelug kampeer, maar met geriewe, soos ’n bed, toegang tot ’n badkamer, elektrisiteit en dies meer, wat ’n mens nie gewoonlik het of gebruik wanneer jy kamp opslaan nie: › Glampeer tussen die grootvoete (Hanri Wondergem, Weg, 4 Junie 2021). › Dit is hier waar die Sonderend- en Breërivier saamvloei en jy kan kampeer (of glampeer) tussen die Overberg se pragplase (Jacques Marais, Netwerk24, 29 Mei 2021). › Glampeer. As jy invlieg na die waterval en nie kans sien om al jou kampeertoerusting saam te karwei nie, kan jy oornag in ’n ruim 3 m x 3 m-koepeltent, wat op sy eie platform opgeslaan is (Netwerk24, 16 Desember 2018).
◌ SINONIEM(E): glanskampeer | glanskamp
◌ ENGELS: glamp
samestelling(s):
glampeertent: › ’n reeks selfsorg-glampeertente.
afleiding(s):
glampering
glampeerdery
ghaazie
ghai
ghellie
ghielap
ghoemahare
ghoentoem
ghoes
ghoesl
ghonnaghoet
ghost
ghries
ghwa
ghwaai
gielaaf
gierplank
gierslaaf
gigu
gin
gin-en-tonic
GIS
giya
GKI
glamp
glampeer
glansgans
glanskamp
glanskampeer
glanskampering
glim-
gloeigroen
glottisslag
gochujang
goedkooprig
Goema
-gogga
goggahotel
gogo
gomlekker
gommetjie
gooi
gorillapolitiek
GOS
goud
gouspring=
GPS-skattejag
GPS-speld
Gqeberha