Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
ghost ww. | het geghost | (Engels) al hoe minder op iemand se boodskappe en oproepe reageer en die persoon uiteindelik heeltemal ignoreer: › As ons die verhouding met iemand wil beëindig, kan jy net daardie persoon “ghost”. As ons nie meer in iemand belang stel nie, hoef ons dit nie meer vir daardie persoon te sê nie – ons hou net op om te reageer. As iemand dit in die regte lewe aan ons gedoen het, sou ons dink hulle is kinderagtig of selfs psigoties, maar omdat dit oor ’n kitsboodskap is, het ons op een of ander manier begin dink dit is aanvaarbaar (Adrie Els, Netwerk24, 11 Maart 2020). › M., wat sê sy is al dikwels aanlyn ge-ghost, vertel van die dinge wat deur jou kop maal: “Wat het ek verkeerd gedoen? Het ek iets simpels gesé? Dalk te gretig oorgekom? Was daar kos tussen my tande? Is ek maar net paranoïes? Wat as iets met hom gebeur het? Hoekom sal hy andersins net padgee? Hy het dan so gaaf gelyk.” Dan probeer jy hom kontak, maar ’n doodse stilte volg. En jy kom agter hy’t jou geblok op sosiale media (Lydia van der Merwe, Sarie, 21 Mei 2018).
afleiding(s):
ghosting: › Ghosting ... Nie anderwêreldse wesens wat jou hare laat rys nie. Nee, minnaars en vriende wat sonder ’n groet uit jou lewe (en skynbaar van die aardbol af) verdwyn (Lydia van der Merwe, Sarie, 21 Mei 2018).
gesteunde
getap
getjarra
getjil
geuraksent
gevaar
gevaarloon
gevoetesleep
gewatsegoeters
gewingerd
gewoer-woer
gewolt
gezoei
gezonk
ghaazie
ghai
ghellie
ghielap
ghoemahare
ghoentoem
ghoes
ghoesl
ghonnaghoet
ghost
ghries
ghwa
ghwaai
gielaaf
gierplank
gierslaaf
gigu
gin
gin-en-tonic
GIS
giya
GKI
glamp
glampeer
glansgans
glanskamp
glanskampeer
glanskampering
glim-
gloeigroen
glottisslag
gochujang
goedkooprig