Bygewerk op 2 Maart 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 449

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

giya s.nw. | giyas | (Zoeloe) Zoeloe-oorlogsdans: Elke nou en dan sal ’n impi (Zoeloe vir kryger) van die kringetjie wegbreek en ’n giya (oorlogsdans) uitvoer wat sy persoonlikheid weerspieël (Chris du Plessis, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019). Wanneer hulle gereed is vir hul mondigwording as amaBungu (jong krygers), moet hulle ’n giya voor die hele gemeenskap uitvoer. Die giya is ’n soort skaduboksgeveg teen ’n denkbeeldige teenstander (of jou alter ego) met die izoliHauw (skild) en isiquili (stokke) as jou wapens, en die uboko (vegstok) vir beskerming. Maar die geveg is ook ’n bevestiging van die jong kryger se status as ’n manlike lid van die gemeenskap. Tydens die giya sal die gemeenskap dié status uitdaag deur hom te tart en hom sy soms neerhalende byname toe te snou (Chris du Plessis, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019). Hoe onvleiend sommige van die Zoeloe-byname ook al was, is dit as erename beskou en dis dié name wat die gemeenskap tydens ’n seun se giya uitroep (Chris du Plessis, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019).

KYK OOK: indlamu


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther