Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
grendelstaat s.nw. [geen meervoud] staat van inperking of (self)kwarantyn: › Niemand is onaangeraak deur die grendelstaat wat ingestel is sedert laas Donderdagnag nie (Rapport Regstreeks, 31 Maart 2020). › In die grendelstaat bring die meeste mense meer tyd tuis en in hul tuine deur (Netwerk24, 13 Mei 2020).
◌ ENGELS: state of lockdown
KYK OOK: grendeltyd
samestelling(s):
grendelstaat-ervaring: › Dis Sondag 29 Maart, dag 3 van ons land se “grendelstaat”-ervaring (sekerlik een van die nuutste woorde in ons móói, immer groeiende taal) (Pieter Jooste, Beeld, 31 Maart 2020).
gochujang
goedkooprig
Goema
goentoem
-gogga
goggahotel
gogo
gomlekker
gommetjie
gooi
gorillapolitiek
GOS
goud
gouspring=
GPS-skattejag
GPS-speld
Gqeberha
graadeen-parrabeen
graai
grafeen
grafskrif=
grassnyerouer
grendelnood
grendelstaat
grendeltyd
grendeltydperk
grenslynpersoonlikheidsversteuring
grensoorskreidend
grenstipe-persoonlikheidsteuring
grensverskuiwend
grensverskuiwer
grilgriet
groen
groendruppel=
groendruppelverslag
groenkragaanleg
groenpoets
groenpoetser
groenpoetsery
groenstrook
groenvingeroplossing
groenvoer
groenwassery
groepsimmuniteit
grond
grondgryp
grondgryper