Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 22 Januarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van 2024 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 502

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

Hanyu Pinyin s.nw. [dikwels afgekort of verkort tot Pinyin] [geen meervoud] Romeinse skryfstelsel vir die weergee van Chinees, deur die Chinese regering self ontwerp vir gebruik deur die Westerse wêreld.

Transliterasie van plekname uit die Ooste

Die transliterasie van plekname uit die Ooste is ’n probleem hoofsaaklik wanneer die betrokke land ’n skryfsisteem (bv. Chinees, Hindi, Arabies, Koreaans, Japannees) gebruik waarvoor daar nie ’n outogtone, amptelike spelling bestaan nie.

Deur die aktiwiteite van Unesco se Komitee vir Romanisering het daar mettertyd pleknaamlyste ontstaan, waarvan die meeste gebaseer is op ’n benaderde Engelse interpretasie van die uitspraak van letters (maar ook nie altyd uitspreekbaar deur Engelstongiges nie). Daarbenewens het daar by ’n groot aantal tale (veral Germaanse en Romaanse tale) getranslitereerde vorme van die mees prominente plekname in Oosterse lande ontstaan wat gestandaardiseer is en nog steeds in algemene gebruik is.

Vir die erkenning van sulke spelvorme moet daar, gewoon as gevolg van universele standaardisering, waarskynlik ook in Afrikaans plek gemaak word. Dit geld ’n aantal prominente plekke op die aardbol, soos Rome, Moskou, Parys, Londen, Berlyn, Tokio, Boekarest, ens., waarby Afrikaans in die meerderheid gevalle die voorbeeld van Nederlands gevolg het. Dit sou dus ’n nuttige vuisreël wees om in twyfelgevalle te kyk na wat Nederlands daarmee gemaak het, en ’n mens sou m.i. dan op redelike veilige grond wees.

Anders as in die geval van tale soos Russies en Japannees, is daar egter nie in Afrikaans die moontlikheid om Chinees (watter een van die Chinese tale ook al) te translitereer nie. Die Chinese regering het daarvoor 'n stokkie gesteek deur self 'n Romeinse skryfstelsel (Hanyu Pinyin) vir gebruik deur die Westerse wêreld te ontwerp. Dit vergemaklik natuurlik die taak van buitelanders enigermate wat die skrifvorm betref, maar lei buitelanders op 'n dwaalspoor wat die werklike uitspraak van die betrokke woord betref, omdat dieselfde letter dikwels verskillend uitgespreek word deur sprekers van verskillende (Westerse) tale. Daarby is die uitspraak ook gebaseer op Mandaryns (Han), en verskil heeltemal van die uitspraak van dieselfde woorde in bv. Kantonees, hoewel die Chinese karakters presies dieselfde is.

Hoewel uitspraakreëls saam met die spelling voorsien word (bv. dat “d” as [t] en “o” as [u] uitgespreek word, soos in Mao Zedong, wat in Mandaryns “Mao tse Toeng” klink, en “b” as [p], sodat Beijing  in die mond van die Mandaryne na Petsjieng klink (nie veel verskillend van Peking nie), lyk dit asof elke taal maar sy eie uitspraak van die spelvorm gaan vorm, en dat die uitspraakreëls vir die res van die wêreld te veel moeite gaan wees.

Prof. Ernst Kotzé  



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en podsendings van 2025

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Afrikaans Vandag is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther