Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 22 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

hapties b.nw. | haptiese | met betrekking tot die tassintuig – dinge waaraan jy kan vat en/of wat jy kan voel.

haptiese handskoen (virtuele werklikheid) spesiale handskoen wat ontwerp is om aan die draer daarvan ’n bepaalde aanraak- of taservaring te bied, soos tydens die speel van ’n videospeletjie: Om die ervaring moontlik te maak en vir gebruikers die metaheelal ’n werklikheid te maak, ontwikkel die span haptiese handskoene: gemaklike en aanpasbare handskoene wat ’n reeks sensasies in virtuele wêrelde kan weergee, insluitende tekstuur, druk en vibrasie [...] Die doel is om eendag die handskoene met jou virtuele-werklikheid-kopstuk te verbind vir ’n meesleurende ervaring soos om na ’n konsert te gaan of by die tafel van ’n pokerspel te sit in die metaheelal (Werner Wippenaar, Netwerk24, 19 November 2021).
SINONIEM(E): kuberhandskoen
ENGELS: cyberglove | dataglove | wired glove


haptiese pak (virtuele werklikheid) spesiale uitrusting wat ontwerp is om aan die draer ’n bepaalde aanraak- of taservaring te bied, soos tydens die speel van ’n videospeletjie: Die videospeletjie Phasmophobia speel reeds op die tassintuig in. Spelers met haptiese pakke [...] kan voel hoe monsters en geeste aan hulle vat. Die nuwe toevoegings tot virtuele realiteit sal straks later oorspoel na flieks en ander vermaak (Liesl Peyper, Rapport, 2 Januarie 2022).
ENGELS: haptic suit | haptic vest | gaming suit | tactile suit


haptiese tegnologie tegnologie wat deur bewegings, vibrasies en/of deur bepaalde kragte toe te pas met ’n gebruiker kommunikeer: Haptiese tegnologie is enige soort tegnologie wat vir jou ’n tasbare reaksie gee, soos wanneer jou slimfoon vibreer as jy ’n oproep of boodskap kry en ook as jy die skerm raak (Werner Wippenaar, Netwerk24, 19 November 2021). Haptiese tegnologie [...] bestaan al sedert die 1970’s. Dit simuleer die sintuie van aanraking en beweging en word gebruik in mediese toerusting, videospeletjies en meer (Werner Wippenaar, Netwerk24, 19 November 2021). Vanjaar sal ons die opkoms van die gebruik van virtuele realiteit, 3D-hologramme, haptiese tegnologie, biometrie, 3D-druk en huisrobotte sien (Finweek, 10 Maart 2016).
ENGELS: haptic technology | kinaesthetic communication | 3D touch


oorsprong:
Van Grieks haptesthai aanraak


KYK OOK: metaheelal


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther