Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 22 Januarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van 2024 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 502

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

herstelknoppie s.nw. | herstelknoppies | (rekenaar) knoppie wat gedruk word om vorige opdragte en veranderinge ongedaan te maak sodat alles weer is soos dit oorspronklik was.(ook figuurlik): Staan elke 20 minute op om jou bene te rek. Jou liggaam vind heelwat baat daarby om kort-kort die spiere te rek. Dink daaraan as ’n herstelknoppie vir jou liggaam waarmee jy die negatiewe uitwerking van die lang sittery teenwerk (Vida Booysen, Netwerk24, 29 November 2015).ENGELS: reset button

UITDRUKKING(S):
die herstelknoppie druk iets ongedaan maak, vernietig of nietig verklaar, of 'n bestaande toestand omkeer met die doel om opnuut/vars te begin: [Die nuwe party] versinnebeeld ’n basiese drang by die meeste kiesers dat die herstelknoppie gedruk moet word en ’n beter, burger-georiënteerde Suid-Afrika verbeel word met die klem op oplossings eerder as retoriek en politiekery (Max du Preez, Vrye Weekblad, 21 April 2023). Reg van die begin van die pandemie al verklaar [die president] gereeld dat die herstelknoppie gedruk moet word; dat ons nou 'n ideale geleentheid het om 'n heel nuwe, getransformeerde ekonomie op die as van Covid 19 te bou (Max du Preez, Vrye Weekblad, 16 Junie 2020). Stel ’n doenlys vir môre op of maak ’n foonoproep wat jy uitgestel het. Die verandering van pas sal die herstelknoppie in jou trae, oorlaaide brein druk (Huisgenoot, 31 Oktober 2019).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en podsendings van 2025

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Afrikaans Vandag is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther