Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
herlewingslandbou s.nw. [geen meervoud] ◌ Ook herlewingsboerdery ◌ weipraktyke en verbouing van gewasse op maniere wat verseker dat organiese materiaal in die grond opbou en verskeidenheid in die grond herstel word: › Herlewingslandbou word beskou as ’n manier om fotosintese in te span om koolstof vas te lê en as organiese materiaal in die grond op te berg sodat dit nie as koolsuurgas in die atmosfeer ontsnap nie (Amelia Genis, Landbouweekblad, 1 Februarie 2019). › Deur volhoubare landbou voor te staan, sê jy eintlik jy is tevrede met die huidige stand van swak weiding en uitgeputte grond. As jy egter herlewingslandbou aanhang, beteken dit jy streef na “herlewing” in die grond en die verbetering van die weiding (Gerrit van Zyl, Landbouweekblad, 31 Maart 2017). ◌ ENGELS: regenerative agriculture
samestelling(s):
herlewingslandboustelsel
herlewingsboerderystelsel: › In herlewingsboerderystelsels word grondvrugbaarheid biologies verhoog deur dekgewasse, wisselbou, kompos en mis wat belangrike voedingstowwe in die grond vrymaak, oordra en sirkuleer (Amelia Genis, Landbouweekblad, 1 Februarie 2019).
hapax
hapax legomenon
hapties
haraam
hare
hart
harts-
hartsmens
hasjisj
hayibo
HDPE
heem
heemverbinding
heen-en-weerdery
Heilige Nag
hek
hekel
helikopterma
helikopterouer
help-my-sterk-lyk-hempie
herbruikbaar
herinneringstuin
herlewingsboerdery
herlewingslandbou
hersikleer
herstelknoppie
hertwiet
herverbeel
heteronormaal
hetero-normatief
hetero-normatiwiteit
hibried
hidjab
hidroksichlorokien
hidrolise
hierjy-
hipermedia
hipster
HKGK
HNWI
hoeha
hoek
hoeka
hoender
hoendervoet
hoëoktaan-
Hoerikwaggo