Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 22 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

hibried b.nw. | hibriede |
Ook hibridies | hibridiese |

wat bestaan uit twee verskillende elemente of komponente wat in wese dieselfde funksie verrig.
ENGELS: hybrid

hibriede geleentheid konferensie, seminaar, vergadering, werkwinkel of dergelike waarby sommige deelnemers direk, in persoon, teenwoordig is terwyl ander, terselfdertyd, virtueel/aanlyn deelneem: Oor die algemeen behels die virtuele komponent van ’n hidbriede geleentheid ’n aanlyn voorstelling van die regstreekse gebeurtenis. ’n Hibriede geleentheid kan bygewoon word deur deelnemers op verskillende plekke in ’n land of in die wêreld. Dié wat kan, kom byeen in ’n lokaal waartoe deelnemers elders via ’n regstreekse oudio- of videostroom toegang het. Deelnemers wat ’n hibriede vergadering virtueel bywoon, sien materiaal, soos skyfies, foto’s, video’s en dergelike, wat aanlyn aangebied word. Hulle kan van waar hulle ook al is, die verrigtinge direk volg en direk praat met almal wat fisies in die lokaal teenwoordig is, asook al die ander deelnemers op ander plekke.
ENGELS: hybrid event | hybrid meeting


hibriede onderwys kombinasie van fisieke onderwys, soos in ’n klaskamer of lesinglokaal, en aanlyn of digitale onderwys.
ENGELS: hybrid teaching


hibriede oorlog oorlog waartydens, naas wapens, ook ander middele, soos ekonomiese sanksies, kuberaanvalle en dergelike aangewend word: Sergei Lawrof, Russiese minister van buitelandse sake, het in ’n toespraak op die 80ste dag van die oorlog in Oekraïne gesê “die kollektiewe Weste het ’n hibriede oorlog teen ons verklaar” (Netwerk24, 17 Mei 2022).
ENGELS: hybrid war


hibriede oorlogvoering oorlogvoering met, naas wapens, ook ander middele: Volgens inligting is kuberaanvalle nou ’n geïntegreerde deel van die aanslag op die land en kan ’n mens dus verwys na hibriede oorlogvoering – waar verskillende vorme van aanvalle gebruik word (Basie von Solms, Netwerk24, 2 Maart 2022).
ENGELS: hybrid warfare


hibriede werk werk wat deels op kantoor, weg van die huis, gedoen word, en deels by die huis: Daar is hierdie neiging om afstand- of hibriede werk aan onproduktiwiteit gelyk te stel, en dit is so ’n refleksreaksie. As iemand agt uur lank op kantoor is, beteken dit jy kry agt uur se produktiwiteit? Dis blote twak (Dion Chang, Vrye Weekblad, 10 November 2023). In Brittanje, waar geen inperkingsregulasies meer heers nie, word verkope by die klerewinkels Office steeds geraak deur hibriede werk, dus mense wat aanhou om minstens sommige dae van die huis af te werk (Hanlie Stadler, Netwerk24, 4 November 2022).
ENGELS: hybrid work


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther