Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
hipster s.nw. | hipsters | (via Engels)
1 (soms neerhalend) jong, modieuse (veral manlike) persoon, gewoonlik welaf, wat behoort tot ’n subkultuur wat teruggryp na ’n soortgelyke stroming in die jare dertig en veertig van die vorige eeu, onder meer gekenmerk deur die dra van ’n retro- of sonbril, tatoes, klere met ’n ouderwetse voorkoms, die luister na alternatiewe musiek, gereelde besoeke aan koffiedrinkplekke en kieskeurige eet- en drinkgewoontes. Manlike hipsters het dikwels ’n baard of snor: › Die hipster – ’n stedeling met ’n effe aangeplakte groen houding, musiek-, koffie-, kos- en biersnobisme en boheemse pretensies – is nie ’n nuwe verskynsel nie (Danie Marais, Beeld, 18 Februarie 2014). › In die 21ste eeu is vintage-klere weer gewild (veral onder hipsters), langspeelplate is die jongste gier, foto’s word op Instagram gedokter om oud te lyk, en kontemporêre musiek neig na die verlede in ’n wêreldwye oplewing in folk- en countrymusiek (Beeld, 10 November 2014). › Ons het hom leer ken in die treffer-reeks Die boekklub, waar hy as die koffie-obsessed semi-hipster Tom in kykers se harte geklim het (Hanlie Retief, Rapport, 3 Maart 2019).
2 langbroek wat nie tot by die middel reik nie, maar laag en styf om die heupe pas.
samestelling(s):
hipsterjeans
hek
hekel
helikopterma
helikopterouer
help-my-sterk-lyk-hempie
herbruikbaar
herinneringstuin
herlewingsboerdery
herlewingslandbou
hersikleer
herstelknoppie
hertwiet
herverbeel
heteronormaal
hetero-normatief
hetero-normatiwiteit
hibried
hidjab
hidroksichlorokien
hidrolise
hierjy-
hikikomori
hipermedia
hipster
HKGK
HNWI
hoeha
hoek
hoeka
hoender
hoendervoet
hoëoktaan-
Hoerikwaggo
hoernalis
hoerpyp
hoes
hoe-se-naam
hoesskaamte
hokslaantyd
holhang
holhanger
Holi
Holifees
hollang
hollanger
holografie
hologram